'n Hartsprojek van Helpende Hand Germiston-tak
Solidariteit Helpende Hand se Germiston-tak het vanjaar 'n besonderse projek aangepak: Seëninge in 'n Handsak. Dit is 'n hartroerende inisiatief wat daarop gemik is om minderbevoorregte vroue op 13 September 2025 met iets spesiaals te bederf.
Die idee is eenvoudig, maar kragtig: skep hoop, waardigheid en 'n bietjie vreugde.
Vul jou ongebruikte handsakke met items vir basiese persoonlike versorging en goed wat jy nie meer gebruik nie, maar wat vir die ontvanger dalk 'n luuksheid is. Ons skenk die sakke dan aan vroue wat dikwels nie eens die basiese items het wat baie van ons as vanselfsprekend beskou nie.
Ons nooi die gemeenskap om onder andere die volgende vir dié projek te skenk:
- Handsakke wat jy nie meer gebruik nie
- Sjampoe en opknapper
- Tandeborsel en tandepasta
- Seep en 'n waslap of klein handdoekie en deodorant
- Sneesdoekies, skeermesse en sanitêre ware
- Grimering, juwele, naellak en bad-scrunchies
- Enige ander vroulike item wat vir jou spesiaal is en 'n ander vrou se dag kan ophelder
Elke bydrae maak 'n verskil. 'n Handsak mag dalk net 'n gebruiksartikel wees, maar gevul met sorg en liefde word dit 'n boodskap van omgee – 'n seën vir iemand wat dit regtig nodig het.
Help ons om liefde te versprei! Kontak gerus vir Schantel by 084 774 6364 of Yolanda by 071 330 4455 as jy wil help, skenk of insamelings wil organiseer.
Laat ons hande vat om vroue opnuut in hul waarde te laat glo.
SEËNINGE IN 'N HANDSAK – KLEIN GEBARE MET GROOT IMPAK!